Ernst Ruska

Ernst Ruska (Ernst August Friedrich Ruska; * 25 Desember 1906, Heidelberg, Duitsland; † 27 Mei 1988, Wes-Berlyn) was 'n Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het. Die helfte van die Nobelprys vir Fisika is in 1986 aan hom toegeken (die ander helfte is deur Heinrich Rohrer en Gerd Binnig gedeel). Ruska het gedurende 1925 tot 1927 aan die Tegniese Universiteit van München gestudeer en toe ingeskryf aan die Tegniese Universiteit in Berlyn. Omstreeks dié tyd het sy studies 'n aanvang geneem, wat sou lei tot die uitvinding van die elektronmikroskoop.


Developed by StudentB